Cultuur

Afrikaanse literatuur

C.J. Langenhoven speelde een belangrijke rol in de ontwikkeling van de Afrikaanse literatuur. Een deel van het door hem geschreven volkslied is in het huidige officiele volkslied van Zuid Afrika opgenomen. Zijn woning, Arbeidsgenot, is in Oudtshoorn als museum te bezichtigen.

Resepte

Tamatiesop

  • 2 koppies room
  • 1 teelepel suurlemoensap
  • ¼ teelepel peper
  • ½ koppie uiegras roomkaas
  • 1 blik tamatiesop
  • bietjie gerasperde uie
  • 2 teelepels ‘horse raddish’ (Opsioneel)
  • 1 t sout

Klits alles saam – verkoel voor bedien.
Genoeg vir 4-6 persone.
(Gerasperde komkommer kan ook bygevoeg word).

Tamatiehoenderlewertjies

  • 2 houers (250g elk) hoenderlewertjies, skoongemaak
  • Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak , olie
  • 1 uie in ringe gesny
  • 1 groen soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
  • 200g sampioene in skywe gesny
  • 2 ryp tamaties, ontvel en in blokkies gesny
  • 10ml tamatiesous
  • 25 – 50 ml worcestersous

Geur die hoenderlewertjies na smaak met sout en peper en braai in ’n bietjie
olie tot bruin van buite, maar nog ligpienk van binne. Skep uit en hou eenkant.
Soteer die uie en soetrissie in dieselfde pan tot sag. Voeg die sampioene by
en roerbraai tot ligbruin. Voeg die tamatieblokkies by. Meng die tamatie en
worcestersous, voeg by die sampioenmengsel en prut tot ’n moes. Skep die hoenderlewertjies terug in die pan en prut tot die gereg lekker warm is. Geur weer met sout en peper indien nodig. Dien op met rys.

Skoongrappies – Moppen in het Afrikaans

Later op die dansbaan vra ek hom hoekom dit hom so lank gevat het om met die storie te stop nadat ek hom geskop het. ‘Maar ek het gestop direk toe jy my herinner, het ek nie?’ vra hy, en ons besef met ’n skok wat gebeur het. Skaam loop ons terug na die tafel en vra verskoning. ‘Toemaar,’antwoord die baas, ’toe ek die tweede skop kry besef ek dis nie vir my bedoel nie en ek gee dit toe maar deur.’

Ek en my man Michael was saam met sy baas, nogal ’n ernstige middeljarige man by ’n restaurant. Michael begin ’n storie vertel wat ek seker was hy al voorheen vertel het, en ek skop sy maermerrie onder die tafel. Geen reaksie. Ek skop weer, maar die storie gaan aan. Ewe skielik vra Michael: ‘O, maar ek het alreeds hierdie storie vir julle vertel, het ek nie?’ Ons almal lag en die gesprek gaan voort oor ’n ander onderwerp.

Die sesjarige kom huil by sy ma dat sy klein tweejarige sussie sy hare getrek het. ‘Moenie vir haar kwaad wees nie,’ troos die ma. ‘Jou klein sussie weet niet dat dit seer is as iemand jou hare trek nie.’ ’n Rukkie later word dar weer gehuil en mamma gaan kyk wat het geheur. ‘ Sy weet nou,’ verduidelik die boetie.

My suster was op soek na ’n nuwe badkamerskaal en ek deursoek die winkels saam met haar. By ’n winkel kry sy ene waarvan sy hou en vra my om myself te weeg. Ek klim op en sê verbaas: Ek het gedink ek weeg 60 kilogram, maar dit lyk my ek weeg net 58 kilogram. Met ’n breë glimlag antwoord my suster: Dis die skaal wat ons nodig het.

Bron: www.skoongrappies.com

Reageren gesloten