Alphen aan den Rijn steun voedselprojek

Die Oudtshoorn Rotariërklub het verlede Woensdag (10 Junie) danksy ’n skenking sowat R60000 van Alphen aan den Rijn in Nederland 75 kospakkies met sowat R200 se kos in elk aan inwoners van Kliplokasie naby Volmoed afgelewer. Alphen aan den Rijn het die geld aan die Oudtshoorn Rotariërs toevertrou om te help om die voedselnood in die Groter Oudts­hoorn weens die Covid-19-inperkingsmaatreëls te help verlig. Weens die inperking het baie mense hul inkomste verloor. JUNE 18, 2020

Saretha Conrade (links), Dalia Wilck (middel) en Lezelma Pretorius van die Oudtshoorn Rotariërs besig om die Jars of Hope met droë sopbestanddele te vul.
Saretha Conrade (links), Dalia Wilck (middel) en Lezelma Pretorius van die Oudtshoorn Rotariërs besig om die Jars of Hope met droë sopbestanddele te vul.


Volgens Dalia Wilck, projekleier van die Oudtshoorn Rotariërs, het die klub ook reeds kospakkies met die hulp van weldoeners aan mense wat in die omgewing van die Welgelukpad, Zeekoegatpad en Volmoedpad woon afgelewer.

Die Rotariërs het ook reeds kospakkies geskenk aan kerke om dit te versprei waar behoefte bestaan asook aan werknemers van restaurante en haarkappers wat besonder swaar deur die inperkingsregulasies getref word.

Benewens kospakkies gaan die Rotariërs ook nou die skenking aanwend om bestaande sopkombuise soos in Blomnek by De Rust en Black Joint in Bridgton te ondersteun deur bestanddele daarvoor te skenk.

“Ons gaan ook vandag (Donderdag) ’n sopkombuis met die hulp van die hoof van Pierewiet Crèche, Elbie Langtrey, en die ander personeel in ’n aangrensende woongebied in Volmoed aanbied,” het sy gesê.

By dié sopkombuis gaan die Rot­a­riërs ook ’n aantal gesigsmaskers en Jars of Hope onder inwoners uitdeel. Die Jars of Hope bevat droë bestanddele soos rys, sopmengsel, lensies en aftrekselblokkies waarmee twee liter sop gemaak kan word.

Deze bijdrage is geplaatst in Geen categorie. Bewaar de koppeling.

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *